Nuwe baadjie vir Swakop se MoleApril 3, 2025

Die Mole op Swakopmund gaan opgeknap word. Deel van dié projek van 4,8 miljoen Namibiese dollar is die bou van stalletjies vir klein- en mediumgrootte entrepreneurs om hul handgemaakte ware uit te stal. Die ontwikkeling sal na verwagting teen Oktober vanjaar afgehandel wees. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Swakopmundse munisipaliteit, Linda Mupupa, gepraat:  

‘n Ligtoring uit hout is ook deel van die projek.