Groot rugby-aksie in SA dié naweek April 3, 2025
Die Vrystaat-derby tussen die Cheetahs en Griffons is een van die belangrike wedstryde in die vyfde ronde van die SA-beker. Die SWD Arende sal die naweek se aksie môre afskop wanneer hulle gasheer is vir die Valke in George. Die Pumas behoort te veel skietgoed te hê vir die Border Bulldogs wat onder aan die punteleer is wanneer die twee môre-aand in Nelspruit speel. Die Griekwas kom Saterdag te staan teen die Boland Kavaliers in Kimberley, die Oostelike Provinsie Olifante speel teen die Luiperds in Gqeberha en die Cheetahs meet kragte met die Griffons in Bloemfontein.