Trump sê vanaand oor handelstariewe April 2, 2025

Handelsoorloë knou “albei” kante, waarsku Duitsland in die aanloop van Amerika se president Donald Trump se aankondiging oor tariewe vandag. Trump sal om tienuur Namibiese tyd sy nuwe “bevrydingsdag”-tariewe bekend maak. “Die koste van ‘n handelsoorlog beïnvloed nie net die een kant nie, maar kan vir beide kante duur te staan kom,” sê Steffen Hebestreit, woordvoerder van die Duitse regering. Duitsland is “gereed en gewillig om op Europese vlak met Amerika te onderhandel” om ‘n dispuut te vermy, sê hy.