Swakoprivier bereik see eerste keer sedert 2022April 2, 2025
Swakopmunders se geduld is Dinsdagaand net voor 8-uur beloon toe die Swakoprivier die kus bereik het. Entoesiastiese omstanders het gehelp om die rivier sy laaste hupstoot te gee deur slote te grawe. Dit is die eerste keer sedert 2022 dat die Swakoprivier weer sy pad na die kus vind.