Kamer van Mynwese wil met Ithete vergader oor 50% hulpbron-aandeelApril 2, 2025
Die Kamer van Mynwese het ‘n formele vergadering met adjunk-eerste minister en minister van myne, Natangwe Ithete, aangevra om moontlike mynboubeleidsveranderinge te bespreek. Dit kom na Ithete, wat ‘n lid was van die parlementêre staande komitee op openbare rekeninge, geskimp het dat die regring se hulpbron-aandeelbesit van 10 persent na 50 persent verhoog behoort te word. Volgens The Namibian het Ithete gesê dat 10 persent “peanuts” is en as buitelandse maatskappye nie 50 persent wil afstaan nie, hulle hul goed moet vat en gaan. Ithete het glo gesê ander beleggers sal in so ‘n geval gevind kan word.