Trump-tariewe: EU dreig om terug te kap April 1, 2025

Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê die magsgroepering hoop steeds ‘n onderhandelde oplossing gevind kan word vir Amerikaanse tariewe wat hierdie week dreig, maar dat alle moontlikhede oorweeg word om terug te kap indien nodig. Die Amerikaanse president, Donald Trump, is gereed om ‘n nuwe reeks tariewe aan te kondig teen verskeie lande om beweerde onbillike handelswanbalanse reg te stel. Von der Leyen sê hulle sal die aankondigings noukeurig ontleed om te besluit hoe om te reageer.