Trump uiters boos vir Putin March 31, 2025
President Donald Trump dreig om sekondêre tariewe op Russiese olie te hef as sy eweknie Vladimir Putin nie saamwerk in die voortgesette onderhandelings vir die beëndiging van die oorlog in Oekraïne nie. Die sekondêre tariewe kan tot 50-persent uitmaak van invoere na Amerika uit lande wat steeds olie van Rusland verkry. Trump voer aan hy het steeds ‘n goeie verhouding met Putin en hy sal nie kwaad wees as Putin die regte ding doen nie: