Sirië kry nuwe, oorgangsregeringMarch 30, 2025
Siriese president Ahmed al-Sharaa het ‘n oorgangsregering aangekondig en 23 ministers aangestel in ‘n nuwe kabinet wat gesien word as ‘n belangrike mylpaal in die oorgang van dekades van Assad-familieheerskappy en na die verbetering van Sirië se bande met die Weste. Sirië se nuwe Sunni-Islamisties-geleide owerhede is onder druk van die Weste en Arabiese lande om ‘n regering te vorm wat meer inklusief is en die land se diverse etniese en godsdienstige gemeenskappe verteenwoordig. Dié druk het toegeneem ná die moorde op honderde Alawitiese burgerlikes, die minderheidssekte waaruit die omverwerpte leier Bashar al-Assad afkomstig is, in geweld langs Sirië se westelike kus vandeesmaand.