African Stars vat Maris-beker 1-0March 30, 2025
African Stars het 1-0 teen Young African gewen om die 1,5 miljoen Namibiese dollar prysgeld in die Maris-beker in te palm. Die wedstryd het Saterdagmiddag by die Hage Geingob-stadion plaasgevind. En in krieketnuus het die Walvis Bay Salt Eagles, Namibië se onder-19 span, Sierra Leone geklop met 46 lopies in Lagos, Nigerië. Die span speel in die Afrika kwalifiserende reeks vir die Onder-19 Wêreldbeker.