Trump wil ‘anti-Amerikaanse’ ideologie uit Smithsonian hêMarch 29, 2025
Amerikaanse president Donald Trump het planne aangekondig om anti-Amerikaanse ideologie uit die Smithsonian-instituut, die wêreld se grootste museumkompleks, te verwyder. In een van sy jongste uitvoerende bevele het Trump vise-president JD Vance in beheer geplaas om toesig te hou oor die veranderinge om die Smithsonian tot sy regmatige plek te herstel as ‘n simbool van inspirasie en Amerikaanse grootsheid. Hy sê die instelling het die afgelope paar jaar onder die invloed van ’n verdelende, rasgesentreerde ideologie gekom.