Owerhede moet vergader oor tronke se smokkelnetwerke – DAMarch 29, 2025
Die DA sê hy het die voorsitter van die Gekose Komitee oor Veiligheid en Justisie, Jane Mananiso, skriftelik versoek om ‘n dringende gesamentlike vergadering met die ministers van Polisie en Korrektiewe Dienste, Senzo Mchunu en Pieter Groenewald, aan te vra. Nicholas Gotsell van die DA sê die vergadering is nodig vir duidelikheid oor die planne teen smokkelnetwerke in hul departemente om ‘n einde te maak aan die hoë vlak van misdaad weens bendes en dwelms in die Wes-Kaap, veral op die Kaapse Vlakte: