Macron veroordeel Israeliese aanval op LibanonMarch 29, 2025
Die Franse president, Emmanuel Macron, het die Israeli-lugaanval op Libanon “onaanvaarbaar” genoem en sê dit was ‘n “skending van die wapenstilstand” wat in November ooreengekom is. Macron het na ‘n vergadering met die nuwe Libanese president, Joseph Aoun, aan joernaliste gesê sulke aanvalle speel in die hande van Hezbollah. Israel het sy dreigement om ‘n lugaanval op Beirut uit te oefen, nagekom nadat missiele na sy gebied afgevuur is. Die reeds brose wapenstilstand in Libanon is alweer in die gedrang nadat vyandighede met Hezbollah vir meer as ‘n jaar beëindig is.