Mac Hengari in die spervuurMarch 29, 2025

Kritiek teen president Netumbo Nandi-Ndaitwah se kabinet-aanstellings kring uit. In die jongste voorval het NEFF-aktivis Michael Amushelelo die landbouminister Mac Hengari daarvan beskuldig dat hy ‘n meisie van 16 vyf jaar gelede swanger gemaak het, en haar gedwing het om ‘n aborsie te kry. Hy beweer die polisie smeer die saak toe. Die polisie het intussen die saaknommer, soos aangedui deur Amushelelo, bevestig en sê die saak is kompleks en word steeds ondersoek maar het geen melding van ‘n verdagte gemaak nie. Amushelelo beweer nou die meisie het weer swanger geraak en Hengari betaal onderhoud vir die kind. Hengari is tot dusver doodstil oor die aangeleentheid.