Kinders se oogsorg uiters belangrikMarch 29, 2025

Die bekende Namibiese oogarts dr. Helena Ndume sê kinders is veral kwesbaar as hulle swak sig of ander sigprobleme ervaar. Sy het die aanmerkings gemaak by ‘n geleentheid van die Vision for the Future-projek van die Michelle McLean Kindertrust. Die projek ondersteun oogsorg vir kinders.