Burkina: Geen liefde vir vrye media nieMarch 29, 2025

Burkina Faso se regerende militêre junta het drie prominente joernaliste gearresteer, wat volgens Human Rights Watch sy onderdrukking van mediavryheid in die Wes-Afrikaanse land ondertsreep. Niemand weet waar hulle hulself bevind nie. Die junta het ook die land se Joernalistevereniging ontbind. Burkina Faso het die aktivis en joernalis Idrissa Barry vroeër vandeesmaand gearresteer, en in April verlede jaar het owerhede verskeie groot media-huise geblokkeer omdat hulle menseregteskendings teen burgerlikes aangemeld het.