Amerika wil veiligheidsambreel oor Groenland plaas – VanceMarch 29, 2025

Amerika se vise-president, JD Vance, het met sy besoek aan Groenland aan die media gesê Amerika se belangstelling in die veiligheid van die Noordpoolgebied gaan dekades lank groei. Vance het gesê hoewel Amerika Groenland se selfbeskikking erken, sal ‘n Amerikaanse veiligheidsambreel oor dié gebied tot Groenland se eie voordeel wees. Vance het Amerika se weermagbasis by Pituffik in die noorde van die eiland besoek kort nadat ‘n nuwe breë regeringskoalisie in die hoofstad, Nuuk, bekendgestel is om voorlopig bande met Denemarke te behou.