VF+ teleurgesteld in hofuitspraak oor Kill the BoerMarch 28, 2025

Die Vryheidsfront Plus sê die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die apartheid-era Kill the Boer-liedjie is teleurstellend en kommerwekkend. Die hoogste hof het AfriForum se aansoek om verlof tot appèl teen vorige bevindings dat die lied nie haatspraak is nie, van die hand gewys. Die VF Plus-leier, Corné Mulder, sê wanneer ʼn land se hoogste hof die aanhitsing tot moord op ʼn minderheidsgroep goedkeur, kan en mag die betrokke minderheid nie stilbly nie: