Vandag, vyf jaar gelede is Namibië ingeperk oor CovidMarch 28, 2025
Dit is vandag vyf jaar sedert die eerste algehele inperking in Namibië ingestel is weens die Covid-pandemie. Dit kom na daar sedert 13 Maart 2020, ses gevalle van Covid geïdentifiseer is met ‘n verdere drie wat op 29 Maart bevestig is. Geen gevalle is vanaf 6 April tot 20 Mei 2020 aangemeld nie, maar daar was ‘n merkbare toename in gevalle wat in Julie 2020 begin het. Die Erongo-streek is lamgelê met ‘n uitgerekte inperking.