SA F1-komitee ontvang drie aanbiedingsMarch 28, 2025
Die Suid-Afrikaanse F1-bodbestuurskomitee het teen die sperdatum van 18 Maart drie aanbiedinge ontvang. Die land sal na verwagting sy amptelike tender om in 2027 ʼn Grand Prix-wedren aan te bied, in Mei vanjaar indien. Suid-Afrika het in 1993 laas ʼn wedren by Kyalami in Gauteng aangebied. Die komitee sê die aanbiedinge se beoordelingsproses sal teen die einde van April afgehandel wees. Hy voeg by die voorstelle sal aan F1-vereistes moet voldoen.