Oekraïne beleef ergste veldbrandseisoen ooit in 2024March 28, 2025
Die nuwe JRC Advance-verslag oor veldbrande in Europa, die Midde-Ooste en Noord-Afrika toon dat Oekraïne in 2024 die ergste veldbrandseisoen in die geskiedenis van die Europese Unie se veldbrand-inligtingstelsel beleef het. Byna een-miljoen hektaar het in dié land afgebrand. Volgens die verslag kom die ruimtelike verspreiding van die brande ooreen met die oorlogsfront tussen Oekraïne en Rusland. Intussen was 2024 sedert 2017 ook die ergste veldbrandjaar in Portugal, waar 147 000 hektaar afgebrand het.