Rugby: Penaud is Europese Speler van die JaarMay 26, 2025
Die Bordeaux-Begles-vleuel Damian Penaud is as Europese Speler van die Jaar gekroon nadat sy span Northampton Saints in Cardiff geklop het. Hy het twee van sy span se vier drieë in hulle oorwinning van 28-20 gedruk. Penaud is die derde Fransman wat die toekenning wen, en volg in die voetspore van Antoine Dupont en Gregory Alldritt. Penaud het ‘n sleutelrol gespeel in sy span se eerste Kampioenebeker-titel en 14 drieë in agt wedstryde gedruk. Ses hiervan was teen die Suid-Afrikaanse Haaie in die ligafase van die toernooi, die meeste drieë wat in ‘n wedstryd gedruk is.