Ntshavheni ondermyn vordering oor plaasmoorde March 28, 2025

AfriForum het die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, gekritiseer oor haar wanvoorstelling van ‘n vergadering tussen die organisasie en die polisie. AfriForum weerlê bewerings dat sy erken het die plaasmoordstatistieke wat die minister van Polisie, Senzo Mchunu aangebied het, akkuraat is. Jacques Broodryk van AfriForum hou vol die vergadering was om misdaad-data te vergelyk, nie om wit volksmoord aan te spreek nie. Hy kritiseer Ntshavheni omdat sy die vordering wat in gesprekke oor plaasaanvalle gemaak is ondermyn het: