NLU reageer op rooilyn-uitspraak March 28, 2025

In ‘n verklaring sê die president van die Namibiese Landbou-unie Thinus Pretorius die unie neem kennis van die hofuitspraak ten opsigte van die veterinêre kordonheining en aanvaar dit as ‘n geleentheid om vorentoe te beweeg met ‘n verantwoordelike, langtermynstrategie vir inklusiewe landbougroei regoor die land. Die NLU is daarop gefokus om ‘n omgewing te kweek waar alle boere kan floreer sonder om ons internasionale aansien in te boet en sal saamwerk om inklusiewe beleide te skep. Roekelose veranderinge wat deur korttermynsentiment aangedryf word, kan werkverskaffing, voedselsekerheid en ekonomiese stabiliteit in gevaar stel.