Nekundi het planne vir paaie March 28, 2025
Werke en vervoerminister Veikko Nekundi prioritiseer nie net die herlewing van Air Namibia nie maar ook die herstel na winsgewendheid van TransNamib en die rehabilitasie van paaie. Die regering het 10 miljoen Namibiese dollar vir ‘n noodroete toegewys nadat die brug tussen Windhoek en Rehoboth ineengestort het en 28 miljoen dollar vir die beskadigde Osona na Okahandja-brug. Die B1 tussen Windhoek en Rehoboth sal ook na ‘n dubbelpad opgradeer word. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Esther Kaapanda, die lynministerie se uitvoerende direkteur.