Napha bedank Shifeta vir sy toegewyde diensMarch 28, 2025
Napha het sy dank betuig aan die voormalige omgewingsminister, Pohamba Shifeta, vir sy jare van toegewyde diens. In ‘n verklaring sê hy Shifeta se verbintenis om omgewingsbewaring met sosio-ekonomiese ontwikkeling te balanseer, is lofwaardig en is ‘n bepalende kenmerk van sy leierskap. Volgens Napha het Shifeta gemeenskapsbewaring verder bevorder en volhoubare gebruik is verbeter. Sy pogings om Namibiese doelwitte op internasionale platforms te bevorder, het gehelp om die land se aansien as ‘n model vir bewaring en volhoubare toerisme te handhaaf.