Damme vertoon al hoe beter, selfs Otjivero verbeterMarch 28, 2025

Die land se riviere stel nie teleur nie. NamWater het weer ‘n opdatering van die stand van die damme deurgegee. Teen nege-uur vanoggend was Von Bach 62,2 persent vol met Swakoppoort op na 101,8 persent. Omatako is steeds op 80,8 persent. Otjivero begin stadig optel en is nou op 8,6 persent met die slikdam op 10,5 persent. By Gobabis is Daan Viljoen op 64,3 persent met oordragte wat na Tilda Viljoen gemaak is. Oanob is nou 67,9 persent vol. In die Suide staan Hardap op 73,6 persent, Naute op 61,7 en Neckartal op 90,7 persent. Omdel is 26,3 persent vol.