Carney sê jongste Trump-tariewe skend bestaande ooreenkomsteMarch 28, 2025

Kanada se eerste minister, Mark Carney, sê sy land sal sy afhanklikheid van die Verenigde State ingrypend moet verminder omdat dié land nie meer ʼn betroubare handelsvennoot is nie. President Donald Trump het Woensdag aangekondig hy plaas ʼn heffing van 25-persent op ingevoerde voertuie en voertuigonderdele. Carney sê die jongste tariewe is onregverdig en skend bestaande handelsooreenkomste tussen die twee lande: