Aanklaers vra vir boete, opgeskorte vonnis en behandeling vir DepardieuMarch 28, 2025

Aanklaers in die seksuele mishandelingsaak teen Gerard Depardieu het ‘n opgeskorte vonnis van 18 maande aanbeveel vir die beroemde Franse akteur. Die hoof-aanklaer het in sy slotbetoog ook gevra dat die 76-jarige ‘n boete van 395 000 Namibiese dollar opgelê word en skadevergoeding aan die klaers moet betaal. Die twee vroue het hom beskuldig van seksuele aanranding in 2021. Hy sê Depardieu moet ook beveel word om sielkundige behandeling te ondergaan en op Frankryk se register van seksoortreders geplaas word.