Zuma skuld amper R29m in regskostses March 27, 2025

Die Staatsprokureur sê oudpresident Jacob Zuma se pogings om nie sy skuld van 28,9-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan regskoste te betaal nie, is tydmors. Die Appèlhof het in 2021 bevind Zuma kwalifiseer nie vir befondsing deur belastingbetalers vir sy korrupsiesaak nie. News24 berig die staat voer in hofdokumente aan dat selfs indien Zuma vrygespreek word, is belastingbetalersgeld steeds onregmatig gebruik om sy privaat regskoste te dek.