Verbruikersvertroue tuimel in SA March 27, 2025
FNB en die Universiteit Stellenbosch se Buro vir Ekonomiese Navorsing sê verbruikersvertroue het in die eerste kwartaal van hierdie jaar dramaties gedaal. Die voorgestelde BTW-verhoging en die gebrek aan aanpassings in belastingkerwe vir individue sowel as die verswakte diplomatieke verhoudings tussen Suid-Afrika en die VSA het ‘n negatiewe invloed op sentiment gehad. Die 14-punte daling in die indeks is op dieselfde vlak as toe Suid-Afrika vir die eerste keer in die eerste kwartaal van 2023 na fase 6 beurtkrag oorgeskakel het. Die eerste kwartaal se uitsig van minus-20 is ook die laagste sedert die eerste helfte van 2023.