Spaanse hoof van Wêreldbeker-reëlingskomitee bedank March 27, 2025

Die hoof van Spanje se reëlingskomitee vir 2030 se Wêreldbekertoernooi het bedank nadat sy beskuldig is van inmenging in die besluite oor waar wedstryde gespeel gaan word. ‘n Plaaslike koerant het berig dat Maria Tato die graderings vir moontlike stadions gewysig het ten gunste van Anoeta in San Sebastian en ten koste van Balaidos in Vigo. Vigo se burgemeester, Abel Caballero, beweer die lys is in Junie verlede jaar gewysig. Spanje bied die toernooi aan saam met Mexiko en Portugal, terwyl wedstryde ook in Suid-Amerika gespeel sal word.