Skerp reaksie op Trump se nuwe tarieweMarch 27, 2025

Kanada se eerste minister Mark Carney beskryf president Donald Trump se instelling van invoertariewe op motors as ‘n regstreekse aanval op sy land se werkers. ‘n Nuwe invoerbelasting van 25-persent op motorvoertuie en onderdele, sal volgende week van krag word. Mexiko is die grootste uitvoerder van motors na Amerika gevolg deur Suid-Korea, Japan, Kanada en Duitsland. Japan se eerste minister Shegeru Ishiba, sê sy regering oorweeg toepaslike maatreëls in reaksie op die tariewe.