Rooilyn: Alle oë op Ueitele vandagMarch 27, 2025
Uitspraak in die opspraakwekkende rooilynsaak van Job Amupanda word om tien-uur vanoggend deur regter Shafimana Ueitele verwag. Amupanda eis die verwydering van die kordonheining. Die grootste uitdaging rakende die kwessie van bek-en-klouseer in die noordelike kommunale gebied is die uiters poreuse grens met Angola en Namibiese bees wat ook in daardie land wei. Angola kan nie bek-en-klouseer onder bedwang bring nie. Intussen is die heining al noordwaarts geskuif in sekere gebiede. Namibië se kommersiële gebied se bek-en-klouseer vrye status is uiters belangrik vir internasionale vleis uitvoere.