Omatako is oor 80%, Von Bach bereik 60,5%March 27, 2025
Die land se damme neem steeds water in. Teen agt-uur vanoggend was Hardapdam 72,4 persent vol. Teen daardie tyd was invloei rondom 71 kubiek per sekonde en dus is daar geen planne om water vry te stel nie. Die boere by die skema benut ook die water vir besproeiing op die oomblik. In die sentrale gebied is Von Bach op 60,5 persent teen vanoggend gemeet met Swakoppoort op 101,2 persent. Omatako het uiters goed gevaar en is 80,8 persent vol. Omatako is effe kleiner as Von Bach met amper 43,5 miljoen kubiek se kapasiteit.