NWR het steeds nie brandstof nie, krag op Halali is ook af March 27, 2025

Namibia Wildlife Resorts het om verskoning gevra vir die voortslepende brandstoftekorte by sy kampe. Die probleem duur reeds meer as twee weke voort en bring groot ontwrigting. En om dinge verder te versleg het swaar reën die krag by Halali in Etosha afgeslaan. Nelson Ashipala sê Cenored werk hard om toevoer te herstel.