Nog tariewe deur Trump ingestel March 27, 2025

President Donald Trump het ʼn nuwe 25-persent-heffing aangekondig op alle ingevoerde motors en motoronderdele. Die heffings wat volgende Donderdag in werking tree, is gemik op die uitbreiding van Amerika se voertuigvervaardiging. Die land het verlede jaar sowat agt-miljoen voertuie ingevoer met Mexiko as hoof- buitelandse verskaffer, gevolg deur Suid-Korea, Japan, Kanada en Duitsland. Trump sê die maatreël sal enorme groei in die motorbedryf verseker en tot werksgeleenthede en beleggings in Amerika lei: