Mbalula sê VSA is skynheiligMarch 27, 2025

Die ANC sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die Verenigde State is skynheilig en toon onderdrukkende eienskappe in sy buitelandse beleid. Mbalula het tydens ‘n kongres van die Demokratiese Verpleegkundige Organisasie van Suid-Afrika, Denosa, in Ekurhuleni, die VSA gekritiseer vir die gebruik van sy vetoreg by die Verenigde Nasies Veiligheidsraad om verantwoordbaarheid vir Israel se oortredings van internasionale reg te blok. Hy het die ANC se steun vir Palestina en Wes-Sahara herbevestig en gevra vir ‘n meer regverdige wêreldstelsel: