Kudu-gas ontwikkeling beginMarch 27, 2025
Die Kudu-gasveld, wat reeds in 1974 ontdek is, kry momentum. BW Kudu, ontwikkelaar van die Kudu-gasprojek vra dat gekwalifiseerde omgewingskonsultante om belangstelling te bevestig om ‘n omgewings- en maatskaplike impakstudie vir die 400 kilovolt kraglyn van Lüderitz tot Rosh Pinah in te dien. Die lyn is net een komponent van die maatskappy se projek wat aflandige putte, ‘n drywende verwerkingsfasiliteit en pyplyn na die kus in die stroom-op gedeelte insluit. ‘n Pyplyn vanaf die kuslyn, ‘n kragstasie en die kraglyn is die stroom-af komponent. Belangstelling moet teen 11 April ingedien wees.