Gabbard sê SignalGate word ondersoekMarch 27, 2025
Amerika se direkteur van Nasionale Intelligensie, Tulsi Gabbard, sê dit was ʼn fout om ʼn joernalis in te sluit by ʼn hoëvlakgesprek oor lugaanval-planne, maar herhaal geen geklassifiseerde inligting is gedeel nie. The Atlantic het nog boodskappe van die groepsgesprek gepubliseer waarby die tydskrif se hoofredakteur, Jeffrey Goldberg, per ongeluk gevoeg is. Die boodskappe onthul dat spesifieke sensitiewe inligting oor Houthi-teikens in Jemen bespreek is. Gabbard het aan die Huis se Intelligensiekomitee gesê hulle stel ondersoek in: