Bolsonaro sal verhoor word oor staatsgreep-poging March 27, 2025
Brasilië se voormalige president Jair Bolsonaro sal teregstaan op klagtes dat hy gepoog het om ‘n staatsgreep teen die huidige president, Luiz Inácio Lula da Silva, uit te voer. Die hooggeregshof se paneel van vyf lede het eenparig ten gunste van die verhoor gestem en die verhoor kan nog vanjaar begin. Sou die 70-jarige voormalige president skuldig bevind word kan hy jare se tronkstraf kry. Bolsonaro sê hy is die slagoffer van politieke vervolging wat daarop gemik is om te verhoed dat hy in 2026 weer vir president verkies word.