Begrotingstekort van N$14 miljardMarch 27, 2025
Namibië verwag ‘n totale inkomste van sowat 92,6 miljard vir die 2025/26-begrotingsjaar, net 1,9 persent hoër as die vorige boekjaar. Druk op inkomste is veral weens Sacu, wat met 6,9 miljard verminder het. Boonop bly die diamantsektor gedemp en plaas ook druk op die fiskus.
Sowat 24.8 miljard Namibiese dollar gaan in die komende begrotingsjaar in onderwys belê word, terwyl kinderwelstand en geslagsgelykheid bykans 474 miljoen kry.
Gesondheid het 12,3 miljard Namibiese dollar met vervoer wat 2,7 miljard dollar kry en landbou wat 2,6 miljard dollar ontvang. Omgewingsake ontvang 797,6 miljoen dollar.