RISE Mzansi doen beroep op regering oor dobbelkrisisMarch 26, 2025

RISE Mzansi sê hy bly verbind tot dobbelhervorming in die land. Die Nasionale Dobbelraad sê daar is ‘n byna agtmalige toename in die aantal mense wat hulp soek. Makashule Gana van RISE Mzansi sê daar is sedert 2012 ‘n toename in probleemdobbel onder jongmense tussen 25 en 35 – die ouderdomsgroep wat in verhouding ook die meeste werkloosheid ondervind. Hy voeg by Suid-Afrikaners het in 2023/’24 ‘n duisend miljard-rand aan dobbelbedrywighede bestee.