Nedbank Cycle Challenge is terug na ‘n jaarMarch 26, 2025
Die NedBank Cycle Challenge keer terug na ‘n jaar se onderbreking, weens die rouperiode wat waargeneem is ná die dood van voormalige president Hage Geingob in Februarie verlede jaar. In die laaste uitgawe het meer as 750 fietsryers deelgeneem oor afstande van 30 km, 60 km of 100 km. Vanjaar se wedren is geskeduleer vir Sondag, 13 April met dieselfde ren-kategorieë. Inskrywings vir die 2025 Nedbank Cycle Challenge open môre. Fietsryers kan via die PayToday-platform inskryf, en inskrywings sluit om middernag op 9 April.