Help! DBV oorweldig na onlangse reënMarch 26, 2025

Die Dierebeskermingsvereniging is oorweldig deur verdwaalde, verlore en oorhandigde diere weens die onlangse reën en het dringend ondersteuning nodig. Die skuiling het volle kapasiteit bereik en versoek befondsing, aannemings en media-aandag om bewustheid te verhoog. ‘n Lys met aanneembare troeteldiere is ook beskikbaar vir diegene wat bereid is om liefdevolle huise te voorsien. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Silke van der Merwe, die DBV se se nasionale direkteur.