Blatter, Platini vrygespreek March 26, 2025

Die voormalige Franse held Michel Platini sê sy eer is herstel nadat ‘n Switsere hof hom en Sepp Blatter vrygespreek het aan bedrog. Die 69-jarige en Blatter, Fifa se voormalige president, is aangekla oor ‘n raadgewersfooi van 41 miljoen Namibiese dollar wat Blatter in 2011 aan hom gemaak het. Fifa het albei in 2015 verban. Sy prokureurs sê Platini het nog altyd beklemtoon dit was ‘n agterstallige betaling, wat nou twee keer in die hof bevestig is.