Trump min gepla oor joernalis op sekerheidsgroepMarch 25, 2025

Die Amerikaanse president, Donald Trump, is nie bekommerd oor sekerheidskwessies nie nadat senior amptenare planne vir aanvalle op Houti-rebelle in Jemen aan ‘n groep gestuur het wat per ongeluk ‘n joernalis ingesluit het. Hy het aan NBC News gesê dit was die enigste foutjie sedert hy in Januarie weer aan bewind gekom het, en is nie eintlik ernstig nie. Trump sê sy nasionale sekerheidsraadgewer, Michael Waltz, het sy les geleer.