Terugslag vir Bulle met Willie le Roux onder die mesMarch 25, 2025
Rugby: Die Springbok-heelagter Willie le Roux se skouer is geopereer en hy sal na verwagting ʼn maand lank buite aksie wees. Dis ʼn groot slag vir die Bulle se afrigter, Jake White, wat reeds bekommerd is dat die voorspelers Cameron Hanekom en Johan Grobbelaar nie Saterdag beskikbaar sal wees vir hul Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting met Zebre in Pretoria nie. Grobbelaar sukkel met ʼn skouerbesering terwyl Hanekom ‘n stamp gekry het in die oorwinning oor Leinster. Die Bulle is tans derde op die VRK-punteleer.