Plaaslike akkerbou moet verbeter March 25, 2025

Uiters lae plaaslike produksie het Namibië genoodsaak om grane ter waarde van amper 863 miljoen Namibiese dollar in te voer, meeste van Suid-Afrika, gevolg deur Litaue en die VSA. Volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se vierde-kwartaal verslag vir landboustatistieke, het produksie met amper 75 persent in die vierde kwartaal van 2024 gedaal. Kosmos 94.1 Nuus het met Hanks Saisai, die tegniese adviseur vir gewasse en pluimvee by Agribank gesels. Hy sê benewens die swak reënval wat verlede jaar ontvang is, versuim kommunale boere om oesbestuur te doen tydens plae-uitbrekings wat ook tot tekorte in die land lei.