PDM is nie ‘verby’, doemprofete: NgaringombeMarch 25, 2025
Die PDM is besig met ‘n drie-dae werkswinkel met die party se streekskoördineerders en die streeks- en plaaslike owerheid. Die werkswinkel het gister in Swakopmund begin. Onder die doelwitte is om voor te berei vir vanjaar se plaaslike verkiesings. Tydens die opening van die werkswinkel het die PDM se sekretaris-generaal, Manuel Ngaringombe, ‘n boodskap vir die doemprofete gehad wat beweer dat die party se gloriedae verby is. Kosmos 94.1 Nuus het met Ngaringombe gesels.