Faf du Plessis steun IPL se impakspeler-reëlMarch 25, 2025
Krieket: Delhi Capitals se onderkaptein, Faf du Plessis, sê hy steun die Indiese Premierliga se impakspeler-reël. Dit laat ʼn kolwer of bouler toe om enige tyd in die wedstryd ʼn ander speler in die begin-elftal te vervang. Die impakspeler-plaasvervanger Ashutosh Sharma se onoorwonne 66 van 31 balle het Delhi gister gehelp om Lucknow Super Giants met een paaltjie te klop. Du Plessis sê Sharma het die waarde van die reël bewys.